
My hart voel deurmekaar, ontstuimig, onseker
en uit plek:
Ek weet nie of dit wat so reg is in my lewe…
…die regte in my lewe is nie.
My einiste eintlike vyhand (vir wie ek verkies)…
…is dat ek stoksielalleen is en
geen klankbord as ewewig het nie.
En wie weet of die objektief die korrekte skaal
van besluite en gewigtighede sal wees?
Hoe kan die ongebalanseerd…
…balans in my lewe bring?
Hoe hou die kalm… my lewe só ontstuimig?
Die bak en stuur
van my boord
het geen kante nie.
Sodoende
bons my lewensskippie
ontstuimig rond in my lewe,
maar in die oë
van die wereld:
‘n gladde seespieël.