Sluiers

Bietjie tyd vir belydenis:


So ruk terug is vriende van my hier…saam met hulle ouers.
En ek kom agter dat die pa my noukeurig dophou, want ek sing en dans en lag en gooi shooters.
Ek hoor hoe hy noem dat hy bly is dit gaan goed met my, maar ek ignoreer die “kompliment”?


So na die 3de opmerking, voel ek, ek is sterk genoeg om ‘n sluier te laat sak.
‘n Sluier wat niemand van weet nie…
‘n Sluier wat nie net een laag materiaal is nie…
‘n Sluier wat nie net een ding wegsteek of beskerm nie…


En ek draai om.
Leun met my arms op die rugleuning van die stoel.
Kyk die vriend vierkantig in die oë en sê:
“Dit wat jy hier sien, is ‘n BEWUSTELIKE besluit wat ek élke oggend van my lewe moet maak:
…óf ek lê in ‘n bondeltjie en kry myself jammer…
…óf ek maak ‘n definitiewe besluit dat ék nog leef! And come what may; ek gaan leef!

Dis dan nie ironies dat vandag se dagstukkie vooruit deur die Heilige Gees vir vandag aan my gegee is nie…


*Dat party mense platgestaan word deur verskeie aspekte van die lewe


*Dat hulle te bang is om op te staan, want wanneer kom die volgende golf?


*Dat hulle só seergemaak is, dat hulle nie kans sien om weer op te staan nie…dat hulle dalk nie wéér sterk genoeg gaan wees nie…


*Hulle verkies om hulleself “toe te vou en te beskerm” met selfbejammering…met klaagliedere van hóé sleg dit eintlik gaan…en oorgaan in ‘n lewenswyse van verbittering en onvriendelikheid…dat hulle, hulleself op hulle medemens wil wreek…en in die proses eensaam word.


Onthou te alle tye dat God nie wil hê jy moet in tye van neerslagtigheid lewe nie…
Hy wil hê dat jy juis dán die toonbeeld is van wat SY krag kan doen om jou daardeur te help.


Hy wil hê jy moet Sy oorwinning smaak…


Moet dus nie tyd en energie vermors op nuttelose selfverwyt en selfbejammering nie…


Kyk op na HOM…


Hy kan ALLES nuut maak…
Hý sal jou lei op ‘n pad van herstel en geluk…


Laat toe dat Hy in oomblikke van neerslagtigheid, jou help om weer op te staan en in Sy krag blymoedig en vertrouend weer voort te kán gaan.


Genesig vir enige seer; is God se Almag en God se Liefde.

Confessions of an old woman

As a toddler my favourite play-dates were boys…I mean…
They climbed trees…
They shot pigeons with an air rifle
They cought, fried and ate flying ants
They raced on their bikes
They built structures for our dinky-toy cars to race on
They could swing on tree-swings without getting scared
…they fell and never cried…

Really!

I did not want to play with girls…
They did not want to get their dresses dirty
They wanted to feint at the sight of blood
They just sat and sniggered about boys
They giggled
They did not want to play hide and seek in the dark
They threw tantrums if they could not win
They stabbed fellow girls in the back

As a teenager…
As an adult…
..then
Even now…


I preferred boys/men
Plainly because they did not allow (the)so called PMS…
So called menstruation cycles…
So called Menopause…
To rule…
To use as excuse…

To hide behind…

TO LIVE!

…because they did not misinterpret a comment…

They never hold a grudge…

You can be open and brutal

They laugh at dirty jokes

(they SHARE dirty jokes)

Don’t…nah!…DON’T get me wrong!

I don’t wanna be a man…

I love my sletsappies in summer…

my glass(es) of wine in winter…

My dresses

My nails

My perfume

My earrings

My tidy hair

My SHOES!

My valuptious figure

But having men as friends…keep things just so…

…sooooo……

Uncomplicated.

Geskeurde hart

Vandag…

Vandag is my hart in stukke geskeur…

En nie net stukke wat stukkend is en in stukke op die vloer lê nie…

Stukke…

Soos in stukke; in alle windrigtings geskeur.

Vandag moes die volgende been van Geskiedenis begin het.

Geskiedenis wat nou al vir langer as 4 jaar aangaan.

Geskiedenis wat a.g.v. “omstandighede” net nie Geskiedenis kan word nie…

My hart wil nie meer Geskiedenis nie…

My hart is besig om te kots…is gereed om daardie Geskiedenis net deel van argiewe te maak.

Ek kan nie meer opgooi nie: my keel brand…in my kop steek ‘n pyn…my neus en oë loop trane en snot…my hele liggaam ruk; van iets wat wil vrek, maar nog nie dood is nie: dit stotter net…

Amper 17 maande terug het ek die sprong van my lewe gemaak.

‘n Sprong wat ek nog nooit in my 53 jaar sou waag om te spring nie…

‘n Sprong…

‘n Keuse…

‘n BESLUIT: dat ek wil leef! Dat ek nog leef! Dat ek gaan leef! Dat daar actually nog ‘n (onverwagse) rede is om te wil leef!

Maar,,,,,,,,,,,,,,,daar is net te veel….te MIN…wat my terughou.

My laat huiwer.

My stop.

En daarom lê ek en (ver)krummel in ‘n hoek…

‘n krummel wat nie eers deur ‘n besem raakgevee word nie…

…om nêrens anders as in ‘n vuil, stowwerige, gewebde hoek vasgevang te wees…

…nie eers saam met die ander vullis weggegooi te word nie.

The Profoundness of love

This sketch is so profound

A woman…

Giving her all:

(Through all facets of her being:

… her unique individuality

….her strength, intelligence and creativeness

…..all of her passion, courage, generosity

……displayed through her actions, emotions, devotion

…….the pure life that she is leading

……..natural the nurturing

………the fact that she would physically, emotionally and literately fight)

To the human she loves…

The human that can offer her NOTHING

Because she is constantly

…surrounded by,

…interacting with

…pouring feelings into

…giving HERself

To an empty person…

That would eventually suck her dry.

Kefir

Dankie tog vir vriendin Jane.

So moet sy my toe ook seën met iets wat vir háár goed is…

En ek kyk die kak met so opgefrommelde neus aan(want dis fokken vrot melk!…), maar sodra sý entoesiasties na my opkyk… terwyl sy verduidelik hoe om (die kak) te “oes”; skop die Charlize Theron in my in, en is my oë VOL opwinding en meegevoerdheid.

En ek hoor ek moet elke dag ‘n mondvol daarvan sluk….???

Nou ek LOVE hierdie Girl…

En ons is al deur baie saam…en nie deur baie saam nie…, maar wragtig: as sy hier (léwendig) sit en verduidelik hoe goed dit vir ‘n mens is, wie is ék om met háár te stry…al is ek presies net 3maande óúer as sy…(ek noem nou maar net…)

En toe dit kom by;

“Proe! Proe hoe lekker is dit!”

Toe proe ek maar…

En daar proe dit toe nie so kak nie…(nie dat ek weet hóé kak proe nie… Ek was al baie BEkak…baie UITGEkak en al baie IN DIE kak…maar dis stories vir ander dag)

En hier steek haar entoesiasme aan soos ‘n vasberade COVID-19 virus:

En ek begin kweek.

En ek begin oes…

En ek vat elke oggend ‘n shot(ek moet belei: party oggende moet ek my verbeel dis ‘n Tequila Bubblegum Shooter)…

En my liggaam reageer binne ure: *my ongereelde, hardlywigheid is genees.

Ander voordele sal ek seker oor ‘n tydperk waardeer, maar ek kan ook net noem dat ek nou Kefir in ÁL my gebak gebruik(in plaas van melk)…selfs my plaatkoekies is sulke stewige gesonde (plaat)koekies.

Ek het Tannie Google gaan vra vir feite en hier is háár opinie:

1. Kefir is ‘n fantastiese bron van heelwat broodnodige voedingstowwe:
Protiëne: 4 gram

Kalsium: 10% van RDI

Fosfor: 15% van RDI

Vitamien B12: 12% van RDI

Riboflavien (B2): 10% van RDI

Magnesium: 3% van RDI

En HEELWAT Vitamien D


2. Kefir is dié kragtigste probiotika

3. Kefir het sterk antibakteriële eienskappe

4. Kefir verbeter beengesondheid

5. Kefir help fantasties(sien: ek is bewys daarvan…) met verskeie verteringsprobleme

6. Kefir is laag in laktose

7. Kefir verbeter allergiese simptome

Ai…

Dankie tog dat ouderdom geen beperking op kennis is nie…

Nou wag ek vir my kombucha-plantjie, want DIT!!!!

DIT proe nes Savanna!

Ek verkies Alleen. Eensaam maak dood.

Op hierdie huidige oomblik sukkel ek erg.


Ek is…net erg ERG alleen.


En daarmee saam ontstaan ongegronde vorms van
…vrees…
…verlatenheid…
…en ja…
…stadig meer seker…eensaamheid.

Vir mý is alleenwees ‘n pragtige geskenk:
Ek kan doen wat ek wil
Wanneer ek wil
Vir hoe lank ek wil
Enige tyd van die dag of nag

Maar nou…in hierdie tye…
Besef ek dat ek eintlik stoksielalleen is.
Dat niemand eintlik by my wil wees nie
En nou ontwikkel gevoelens van
…verlange
…jaloesie
…smagting

Hier waar ek nou sit…
…mag die trane dalk makliker vloei
…en vrese tuimel soos golwe in my binneste
…die besef van eensaamheid is ewe skielik daar.

Gedurende dié tye,
(Selfs al is ek totaal en al op my gemak met my alleenwees)
Kry ek myself
Waar ek oor onredelike dinge begin bekommer
Bekommernisse veral dat myself…my lewe…my tyd op aarde gemors word;
Tyd wat ek saam met die regte persoon vir die res van my lewe kon spandeer het…

Dit is normaal om na intimiteit te smag
Om in iemand se omhelsing te wees
Om ondervindings met iemand te deel
Om na ‘n lewensmaat te smag
Iemand wat jou bootjie kan help stuur
Iemand wat jou veilig kan laat voel…

Ek wéét die antwoord is om ‘n hoë vlak van
selfsorg…
selferkenning…
toe te pas, maar dit bly moeilik.
En ek begin myself nou erg bietjie-bietjie jammer kry.

Ek weet dit wat ek is
dit wat ek voel
is eg
en maak sin.

My gevoelens is geldig!
Magtig!
Ek is ook ‘n mens!
‘n Vrou!!!

Ek wéét ek is genoeg…
Ek wéét ek is veilig…
Ek WÉÉT ek is geliefd.
Dat ek iewers behoort.
Dat alles eendag okay sal wees…

Maar vir nou…
Net vir nou…
Is ek nie okay nie.