Doel

Depression Dark Animation

Wanneer jou gemoed nie meer joune of jy is nie

Wanneer die eie en die ek ‘n vreemdeling geword het

Wanneer jy net is, en nie meer word nie

Wanneer more nie wil wees nie

Wanneer nou wil wegkruip,

want die hede is ongevraagd…

en die toekoms donker…

en die verlede onregverdig

Al straal jy lig…

en bly ‘n steunpilaar.

sukkel jy om die jou

weg te steek…

Die lig is toe ‘n trein

die troos…die dood.

Geen of te veel gaan onder…

net om te ontken…

dat nou nie is nie

en môre nie gaan wees nie,

want wat het van gister geword?

Wat is die doel?