What you read about me, is the real me...
I don't do fake...
I don't do hypocrite...
What I post might reflect how I feel, what I experience or my viewpoint of an experience.
Hierdie 4 jaar-oue stel foto’s van my dra vandag ‘n anderste tipe inspirasie: 4 jaar terug het nét ek in ons groep, die moed gehad om deur die poel, op met die gladde rotse, papnat… agter die waterval te gaan staan.
Vandag ploeter elkeen van ons… ongeag die gewig of intensiteit… man/vrou-haftig deur ons daaglikse unieke poel van steurnisse, uitdagings… en rotsgladde(gevaarlike) verantwoordelikhede en gevolge… om dalk… bewustelik of onbewustelik …papnat, maar tog triomfantlik bo uit te kom.
Nie jyself OF mense daar buite mag besluit of enige iets jou mag of kan traumatiseer of nie.
Ons elkeen beleef presies die selfde insident verskillend.
Iets wat ek kan aflag en agter my sit, mag jou gedagtes en daaglikse optrede vir jare beheer en oorheers.
En dit hoef nie iets groot en oorweldigend te wees om ‘n blywende effek op jou te los nie…so kry ek dit reg om te bepaal dat toe ek NEGE jaar oud was…en my pa beseer was in ‘n gewone grassny-episode…en in soveel pyn was voordat ons van Greytown na Perdekop moes trek…dat dit ‘n blywende effek op my as 54-jarige gelaat het.
Nou ek kan GROOT insidente onthou: 2 November 2002….oppad om dinge reg te kry vir my prefekte om Dlangala toe te gaan vir die naweek: bakkie se handbriek is foutief en die bakkie rol terug en kom op my tot stilstand: mens sou dink die uiterlike en innerlike beserings was genoeg trauma, maar ek kom omtrent ‘n jaar terug later eers agter ek ly aan PTS a.g.v. die ongeluk. 2 Sielkundiges en 3 jaar later(waar albei my uit hulle kamers gejaag het, omdat ek net so slim soos hulle is), is ek eers sielkundig sterk genoeg om daarmee saam te leef en dit op my eie manier te verwerk.
: Chris se dood 12 Februarie 2016…die hele insident rondom sy dood, die feit dat ek sy liggaam 3 keer moes sien, ek wat sy begrafnis(se) alleen gereel het, die hantering van die hofsaak(dis NOU nog aan die gang), die bestuur van die plaas, die bestuur van die besighede via e-posse en oproepe en WhatsApps, die afhandeling van die boedel…word ek 5 Desember 2018 eers tot werklikheid teruggeruk deur Kosie Olivier wat vir my pertinent se: “As jy iets aan die situasie kan verander; doen dit. As jy niks kan verander nie; LEEF!”
2 jaar en 10 maande later…
Word mens beter?
Nee. Jy word sterker. Jy leer jouself ken. Jy weet nou wat is jou swakhede. Jy weet nou wat is jou sterk punte. En jy gebruik DIT: Om elke dag te oorleef!
My dagstuk vir vanoggend moes in die verlede oor erstig tot my gespreek het, want ek het ‘n fyn en klein donkie-oor daarin gemaak… Die opskrif op sigself gee alreeds vir my die opdrag…of versekering…ondersteuning…gemoedsrus…kalmte…vrede: “Met Geloof Die Toekoms In”
Sonder om veel detail te gee oor mý sogenaamde “Toekoms”, maar dit behels vaagweg kortliks: *ek betree ‘n uiters onbekende fase in my besigheid *na my onderonsie met my jongste…die feit dat hý vrywillig die nes verlaat het…die onsekerheid of hy beroepsvastigheid gaan begin kry… *gaan my paadjie vir altyd nou alleen wees of sal die skippie koers kry? *hoe lank nog voor hierdie strafsaak afgehandel kan word en ek dit letterlik kan begrawe *gaan hierdie nuwe fase in my besigheid én die siviele eis my nie finansieël lam lê nie?
Vrae…vrae…vrae…
En dan krý ek versekering…ondersteuning…gemoedsrus…kalmte…vrede… met net een woord: Geloof Dat ek Geloof moet hê in al hierdie onsienlike… Dat ek moet voortseil!!!! Dat die vreugde onbeskryflik gaan wees in die aanblik van elke oorwinning van my “Nuwe Wêreld”.
Dis juis NOU…in hierdie moeilike tye wat ek ‘n Geloof nodig moet hê, wat my daagliks sal ondersteun en my sal oortuig: “Ek moet voortseil!”
Só ‘n Geloof help my om my probleme te hanteer en op GOD te vertrou vir die toekoms. Ek vergeet dat God WEET van my. Hy ken my… Dat Hy vir mý omgee. Dat Hy my in elke situasie sal ondersteun.
Die ENIGSTE voorwaarde: EK MOET VOLKOME IN HOM GLO EN HOM VERTROU!
En wat IS Geloof?
Dis die waagmoed van die hart om verder te gaan as wat die oog kan sien.
Met só ‘n Geloof kan mens nét moedig wees… Die onbekende versekerd tegemoed stap…
Ek sal veilig deur al hierdie onbekende seë vaar…na my Nuwe Wêreld toe…waarvan die perfeksie en skoonheid en blydskap… my drome vér gaan oortref!
Dis die eienaardigste emosie… …die van wat nou? Wat bring môre? Na al eergister se gisters?
Ek is nie eensaam nie, maar die alleen vang my deesdae Vir geen rede hoegenaamd… Of dalk is dit genaamd:
My lewe is soos ‘n modderige uurglas; met tye heel vloeiend met vuil water… …die volgende sekond hortend… …met klipperige klonte. Partykeer snakkend na vloei… …meeste van die tyd angstig oor die spoed!
Spoed wat tyd is Tyd wat nooit weer teruggekry kan word nie Kry wat nooit weer kan wees nie Weer wat jy nie weet wanneer nie Weet wat net kennis is Kennis wat magspel kan word Spel wat nie gespeel kan word nie Word wat nooit sal was nie Was wat jy nooit met modderwater kan doen nie
Die ewige sirkel Eb Oneindig… …en verby die end… Heid.