trane

Immers het trane ‘n vorm

Alhoewel nooit perfek in vorm en in volume nie…

Dit bestaan:

Kan gevoel, gesien, geruik, geproe en gehoor word.

My hart is vandag dolleeg:

Sonder bloed vol suurstof

Sonder ‘n geklop om die res van my liggaam te voed

Sonder ‘n ritme vir bestaan

Sonder spiere wat saamtrek vir beweeg

My hart is nie eers so groot soos ‘n vuis vandag nie,

Want al my seer en al my baklei was sinneloos en nutteloos…

…daar is niks.

My hart is nie eers in sy kompartement vandag nie,

Dit le my hele liggaam vol

Het elke orgaan saamgetrek.

Leeg.

Dolleeg.

Hoe maak mens so hart,

so liggaam,

so siel weer vol?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s