Dis nie die einde nie…

Dis ongelukkig ‘n feit deesdae, dat al hoe meer van ons al iemand aan die dood moes afstaan.

Veral omdat ek nou al ouer is…

  • Ek is nog een van die gelukkiges om op die ouderdom van 55, nog altwee my ouers te hê.
  • My broer leef nog.
  • Maar ja…ek het, soos die norm, al al vier my grootouers verloor: ek is weereens gelukkig dat ek hulle kon ken…
  • My ma se broer is vroeg oorlede, maar haar ander broer en suster leef ook nog!
  • My pa se jongste suster is eerste oorlede, so ‘n paar jaar terug. Toe die oudste suster en toe die oudste broer. Binne ‘n bestek van 3 jaar: nou is dit net Pa en sy baba-boetie oor.
  • Ja…ons het die hartseer van Nathan wat op 3 net na ‘n mangel-operasie oorlede is: Hoekom?
  • En André wat besluit het dat hy nie meer wil leef nie.
  • En Stompie wat alleen in sy woonstel oorlede is.

Maar binne my familie is ons nog gelukkig om mekaar te hê…en dat ons almal relatief nog gesond is.

Maar dan gebeur dinge rondom my wat my laat wonder; hoekom? Hoekom NOU? Hoekom SO?

  • Soos Yvette se Herman wie se liggaam halveer is toe hy op sy motorfiets agter in ‘n stilstaande vragmotor inry…
  • En Gretchen wat haar pa EN haar tweeling-suster binne ‘n bestek van weke aan COVID verloor het…
  • En Madeleine wat haar baba, haar ouma, haar broer EN haar pa kort na mekaar verloor het…
  • En Annatjie wat haar kleinkind, haar ma, haar seun en haar man kort na mekaar verloor het…
  • En Carol wat haar man nou onlangs aan breinkanker verloor het…

En dan vat dit Yvette, danksy haar kliniese werksomstandighede as ‘n dokter, wat vir my sê daar is erger dinge as die dood…

  • ‘n Gesonde 18-jarige rugbyspeler wat in ‘n ongeluk, AL sy onafhanklikhede verloor het. Wat nou deur sy ma gevoer, gebad en doeke omgeruil moet word.
  • ‘n Drie-weke oue baba wat herhaaldelik deur haar oom verkrag word…so erg, dat rekonstruktiewe operasies haar intern EN ekstern geslagloos laat.
  • ‘n Drie-jarige dogtertjie wat ontvoer word en nogsteeds soek is; dat haar ouers belei dat hulle sou verkies dat sy dood is as om dag en nag te wonder waar sy is en wat aan haar gedoen word.
  • ‘n 86-jarige…vergete ouer…wat nie weet waar hy is nie, nie kan onthou dat hy ‘n vrou en kinders gehad het nie, nie meer kan kommunikeer nie…leweloos…afhanklik van vreemdelinge se versorging en bedwelming…alleen op ‘n koue vloer op ‘n kombers in sy eie ontlasting moet oor”leef”.

As Christen weet ek God is in beheer van lewe en dood en dat ons nooit sal kan verstaan hoekom Charlene dood is en die bedlêende jong man nog lewe nie.

Maar net so kras as wat julle aanvanklik wil dink, was die boodskappe van Stephanie:

op die oog af wreed en ongevoelig, maar SO waar!

:

As jy dalk die hele tyd vra: “Hoekom ek?”

En die teenvraag: “Hoekom nie?”

En dan die opdrag:

Ria, dis normaal om hartseer te wees(eintlik maar net vir jouself…nie vir die afgestorwe geliefde nie…), maar onthou JY leef!

: LEWE!

So wat wil ek nou eintik vandag sê?

  • Tannie Bessie. Jy het al jou fair share van hartseer in jou lewe gehad. Ek is jammer jou seun is gister oorlede.
  • Karin. Ons ken mekaar al langer as 50 jaar. Jammer oor Morné.

Laat my dink aan Passenger se liedjie:

“Life’s for the Living”

Life’s for the living

so live it

Or you’re better off dead.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s