
‘n ou resep
van unieke bestandele
saamgevoeg en gemeng
tot een perfekte massa
‘n kombinasie van note en melodieë
bespeel op ongebruikte instrumente
tot die mees harmonieuse melodie
die jubeling
dat dooie gevoelens
weer bloed-vol tweede kanse kry
dat alles maar tog net is
soos om op jou fiets te klim
en te trap tot jou oë traan
en jou hare wapper
van die wind wat een word met
wat jy eintlik nog altyd weet
jy. en jy.