Gedeel;
Om jou in my lewend te maak…
Om daardie oomblik van;
‘n blik…
‘n postuur
‘n glimlag
‘n hardop-lag
te onthou
…in my binneste weer lewendig maak…
Dan…
Dan: troetel elke orgaan
Ek probeer daagliks
Regtig hard
Om die bietjie beeld
Wat ek van jou in my dra…
In my gedagtes vas te vang,
(weer te) Te herroep…
Dan ploeg my hart smagtend
Deur elke dag…
die bevestiging
Van hoe kosbaar jy eintlik vir my is