Frustrasie is die kots-speeksel op my wange
Onsekerheid die klouende reuk in my gange
Met die klap van ‘n vinger…
…die klap van ‘n afsitter-pistool
…die klap van weerlig
…’n klap in my gesig!
Is dit weg…
Waar is die konstante?
…die eentonige?
…die allesoorheersende?
…NIKS?
‘n Dwarrelwind suig my op
‘n Tornado-tuit spoeg my uit
My hare bly deurmekaar
My oë ongefokus
My brein ooraktief
My senu-punte op aandag
Waar is bo-onder; links-regs; in-uit; binne-buite; op-af?
My liggaam, my siel, my gees! beur-stry met die metamorfose
Wil ek nog in my boksie-kokon wees?
Of gaan ek spring met my asemrowende ontsnappende vlerke?
My hart brand
Met vlamme walle
Om my terug te hou
My hart skree
Bly weg!!!!
Ek het soveel méér van jou nodig
Jy moet my rëën in son verander
My blou… in ‘n reënboog.
Méér![Iets minder wil ek nie hê nie…]
Ek kén jou nie – jy ken my minder!
Wat is dit wat ek voel?
Wat net nog méér wil hê
Al is die heelal teen my
En al hou alles ons uitmekaar
Bly dit ‘n ‘mekaar’ van ‘n geskeurde hart.