My hart voel deurmekaar,
ontstuimig,
onseker
en uit plek:
Ek weet nie of dít wat so reg is in my lewe…
die régte in my lewe is nie.
My enigiste eintlike vyhand
(wat ek verkies)…
is dat ek met net een spaan…
alleen roei.
Met geen klankbord as ewewig.
Wie weet of die objektief…
die korrekte skaal
van besluite
en gewigtighede
sal kan kantel?
Hoe kan die ongebalanseerd……
balans in my lewe bring?
Hoe hou die kalm…
my lewe só ontstuimig?
Die bak en stuur van my boord
het geen kante nie.
Sodoende bons my lewensskippie
ontstuimig rond
in my seë,
maar in die oë van die wêreld:
‘n gladde spieël.