
…’n groot hart
siel en passie in legio
opoffering van normaliteit
vir regverdigheid
ek sal lei
en jou laat ly:
die kop van ‘n slang
die mes van ‘n rugsteker
die skrywer van ‘n dubbele agenda
Verraad!
verander my hart
oombliklik
van edelgesteen
tot koue artiese oseaan:
lyk dalk pragtig,
maar gevaarlik
om te onderskat