
Hierdie 4 jaar-oue stel foto’s van my dra vandag ‘n anderste tipe inspirasie:
4 jaar terug het nét ek in ons groep, die moed gehad om deur die poel,
op met die gladde rotse,
papnat…
agter die waterval te gaan staan.
Vandag ploeter elkeen van ons…
ongeag die gewig of intensiteit…
man/vrou-haftig
deur ons daaglikse unieke poel van steurnisse, uitdagings…
en rotsgladde(gevaarlike)
verantwoordelikhede en gevolge…
om dalk…
bewustelik of onbewustelik
…papnat,
maar tog triomfantlik bo uit te kom.
Glo!
Nie net in jouself nie, maar in God.
Dat HY ALREEDS weet hoe ons pad gelê is…
…dat HY ons in elk geval dra.
Al wat Hy in ruil soek is Geloof en Vertroue.