Jou lelik word my mooi

Dis moeilik om alleen te staan…

…alleen te besluit

…alleen treë te neem

…alleen standpunt in te neem…

Wanneer mens letterlik omring word…

…versmoor word.

…verwurg word.

Met NET lelik.

NET afstootlik.

NET jaloesie.

NET afguns.

NET haat.

NET onsekerheid…

Dis dan…

DAN wanneer ek nuwe brandstof ontdek.

Met nuwe vuur aangevuur word.

My omhooggeligde arms weer krag van hulle eie kry.

Ek bietjies-bietjies kan begin opgooi…

Skoonmaak…

Dis wanneer ek besef ek wil nie soos jy wees nie.

Dat die lelik in jou…baie lelik is…

Dat die lelik in jou…nooit sal minder word nie…

Dat die lelik in jou…MY mooi maak.

Mooier maak.

Mooiste hou.

Want JOU lelik, sal nooit mooi kan word nie.

JOU lelik het jou baie lelik gemaak…

En gaan jou lelik hou.

En dis dan…

DAN…

Wanneer ek weer rustig kan begin asem haal.

Met die besef:

Al is ek minder lelik, is nie net ‘n oorwinning nie.

Is ek die wenner,

…want jou lelik sal nooit weer mooi kan word nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s