
ek kan dit nie sê nie.
ek kan nie daardie woorde sê nie.
ek kan dit nie in net woorde sê nie…
ek kan nie net onbenullig afmaak nie.
ek is nie vertroud met (hierdie)ordinêre gevoelens nie.
en ek kan nie na jou kyk en hierdie. dinge. (net)voel.(nie)
en in voorafbepaalde patrone pas nie
of vooraf-bestelde pakkies.
of oefen om so te praat
asof voor die perfekte gehoor nie.
of herhaal as ‘n oggend-roetiene…
hierdie is sterre-dinge, en siels-dinge,
die alle van my alles, dinge…
so wanneer jy graag wou sê…
sal jy, wil jy?
ek SAL, en ek WIL…
maar hier binne waar dit nog wild is in my,
en daar bo waar dit oneindig is,
en IN my… waar ek jou voel
waar ek nog altyd. jou. voel…
selfs voor hierdie. van waar ek jou sal voel
na al die, en verby die…
so…wat ek kan sê beteken niks nie.
en dit beteken alles.
en wat ek bedoel wanneer ek vir jou sê:
brand die sterre saam met my uit
…dan is dit my manier om jou te vra vir jou altye.