Regte Geloof

My dagstuk vir vanoggend moes in die verlede oor erstig tot my gespreek het, want ek het ‘n fyn en klein donkie-oor daarin gemaak…
Die opskrif op sigself gee alreeds vir my die opdrag…of versekering…ondersteuning…gemoedsrus…kalmte…vrede:
“Met Geloof Die Toekoms In”

Sonder om veel detail te gee oor mý sogenaamde “Toekoms”, maar dit behels vaagweg kortliks:
*ek betree ‘n uiters onbekende fase in my besigheid
*na my onderonsie met my jongste…die feit dat hý vrywillig die nes verlaat het…die onsekerheid of hy beroepsvastigheid gaan begin kry…
*gaan my paadjie vir altyd nou alleen wees of sal die skippie koers kry?
*hoe lank nog voor hierdie strafsaak afgehandel kan word en ek dit letterlik kan begrawe
*gaan hierdie nuwe fase in my besigheid én die siviele eis my nie finansieël lam lê nie?

Vrae…vrae…vrae…

En dan krý ek versekering…ondersteuning…gemoedsrus…kalmte…vrede… met net een woord: Geloof
Dat ek Geloof moet hê in al hierdie onsienlike…
Dat ek moet voortseil!!!!
Dat die vreugde onbeskryflik gaan wees in die aanblik van elke oorwinning van my “Nuwe Wêreld”.

Dis juis NOU…in hierdie moeilike tye wat ek ‘n Geloof nodig moet hê, wat my daagliks sal ondersteun en my sal oortuig: “Ek moet voortseil!”

Só ‘n Geloof help my om my probleme te hanteer en op GOD te vertrou vir die toekoms.
Ek vergeet dat God WEET van my.
Hy ken my…
Dat Hy vir mý omgee.
Dat Hy my in elke situasie sal ondersteun.

Die ENIGSTE voorwaarde: EK MOET VOLKOME IN HOM GLO EN HOM VERTROU!

En wat IS Geloof?

Dis die waagmoed van die hart om verder te gaan as wat die oog kan sien.

Met só ‘n Geloof kan mens nét moedig wees…
Die onbekende versekerd tegemoed stap…

Ek sal veilig deur al hierdie onbekende seë vaar…na my Nuwe Wêreld toe…waarvan die perfeksie en skoonheid en blydskap… my drome vér gaan oortref!

2 thoughts on “Regte Geloof

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s