
Dis die eienaardigste emosie…
…die van wat nou?
Wat bring môre?
Na al eergister se gisters?
Ek is nie eensaam nie,
maar die alleen vang my deesdae
Vir geen rede hoegenaamd…
Of dalk is dit genaamd:
My lewe is soos ‘n modderige uurglas;
met tye heel vloeiend met vuil water…
…die volgende sekond hortend…
…met klipperige klonte.
Partykeer snakkend na vloei…
…meeste van die tyd angstig
oor die spoed!
Spoed wat tyd is
Tyd wat nooit weer teruggekry kan word nie
Kry wat nooit weer kan wees nie
Weer wat jy nie weet wanneer nie
Weet wat net kennis is
Kennis wat magspel kan word
Spel wat nie gespeel kan word nie
Word wat nooit sal was nie
Was wat jy nooit met modderwater kan doen nie
Die ewige sirkel
Eb
Oneindig…
…en verby die end…
Heid.