Geskeurde hart

Vandag…

Vandag is my hart in stukke geskeur…

En nie net stukke wat stukkend is en in stukke op die vloer lê nie…

Stukke…

Soos in stukke; in alle windrigtings geskeur.

Vandag moes die volgende been van Geskiedenis begin het.

Geskiedenis wat nou al vir langer as 4 jaar aangaan.

Geskiedenis wat a.g.v. “omstandighede” net nie Geskiedenis kan word nie…

My hart wil nie meer Geskiedenis nie…

My hart is besig om te kots…is gereed om daardie Geskiedenis net deel van argiewe te maak.

Ek kan nie meer opgooi nie: my keel brand…in my kop steek ‘n pyn…my neus en oë loop trane en snot…my hele liggaam ruk; van iets wat wil vrek, maar nog nie dood is nie: dit stotter net…

Amper 17 maande terug het ek die sprong van my lewe gemaak.

‘n Sprong wat ek nog nooit in my 53 jaar sou waag om te spring nie…

‘n Sprong…

‘n Keuse…

‘n BESLUIT: dat ek wil leef! Dat ek nog leef! Dat ek gaan leef! Dat daar actually nog ‘n (onverwagse) rede is om te wil leef!

Maar,,,,,,,,,,,,,,,daar is net te veel….te MIN…wat my terughou.

My laat huiwer.

My stop.

En daarom lê ek en (ver)krummel in ‘n hoek…

‘n krummel wat nie eers deur ‘n besem raakgevee word nie…

…om nêrens anders as in ‘n vuil, stowwerige, gewebde hoek vasgevang te wees…

…nie eers saam met die ander vullis weggegooi te word nie.

2 thoughts on “Geskeurde hart

  1. Daar is beslis nog n rede….lê maar nog ‘n rukkie daar soos ‘n krummel, maar staan op as ‘n sny brood…want jy kan en jy gaan…

    Like

  2. Dankie vir jou comment!
    Vandag….omdat die son weer skyn…omdat ek aandag geskenk het aan my asemhaling…EN jou poetiese comment, dink ek: ja! Ek sal maar nog ‘n rukkie net daar le as ‘n krummel, want wanneer ek as ‘n snytjie gaan opstaan, gaan dit sommer ‘n brood word…xxx

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s