
Omdat ek allesoorheersend
Al vir ‘n ruk weet
Smag…
Dat ek my diepste met jou met jou moet deel: ‘n diepste wat so kosbaar en edel en heilig is dat NIEMAND daarvan weet nie.
‘n Diepte wat beide van ons deel, maar die Howard in jou ketting jou vas in ‘n sinnelose etiket…
…’n etiket dat jy nie beter verdien nie…
…’n etiket dat jy nie beter kan kry nie…
…’n etiket dat jy alles wat kosbaar is gaan verloor as jy, jóú wil eerste stel…
Wat is kosbaarder as rou
opregte
egte
ware
honger
onselfsugtige
onversadigbare
LIEFDE?
Is dit reverdig teenoor jou?
My?
Ons?
Dat ons hierdie wat reg is moet onderdruk…
Dat ons mekaar ontneem van omhelsings, verklarings, woorde, lippe wat een word, liggame wat saamsmelt in ‘n ritme van net nog meer begeer…
…nog meer wil hê
…nog meer wil tas
…want dié is reg?
Was reg nog voor ons gebore is.

Ek het my eie grootste heldin geword: ek het ver buite my gemaksone, die spreekwoordelike pen opgeneem en my liefde aan jou belei; liefde waarvan ek nogsteeds nie seker is van wederkerigheid nie, maar ek besef dat as ek dit nie belei nie, ek vir ewig gesnoer en jy vir ewig onbewus sal wees.
Ek het ‘n MOERSE sprong geneem!

‘n Sprong waaroor ek tot vandag…tot in ewigheid NOOIT sal spyt wees nie.
My sekerheid oor my sprong was só versekerd…
So oorweldigend
Dat ek vóór die sprong jou al op my liggaam verewig het.
Ek het jou liefgehad nog voordat ek geweet het liefde bestaan.
Ek het nog nooit liefgehad voordat ek jóú liefgehad het nie.

Ek…en ek alleen het besluit dat hierdie liefde nie onderdruk kan word nie…
Dat dit moet uit…
Dat dit moet sigbaar word…
Dat dit moet hoorbaar word…
Dat JÝ MÓÉT weet!

En hierdie sprong het my lewe verander?
Ek het van ‘n dooie niks na ‘n lewendige ALLES verander?

Nou
Wag
Ek
Vir
Jou
Om
Te
Spring
Ek staan met ope arms
Standvastige bene
Nugter brein
Oorvol hart
En wag.
Vir jou.
