Dit…volg…

Die probleem met (Dit) in my lewe is dat (Dit) alreeds weet hoeveel (Dit) vir my beteken maar nie ten volle SNAP nie…

Ek weet…en ek maak doelbewus ‘n punt daarvan om (Dit) net soveel terug te gee as wat ek kry, maar hoe meet mens…

  1. Onvoorwaardelike aanvaarding…
  2. Onvoorwaardelike genoegdoening…
  3. Onvoorwaardelike meedoening…

in…

  1. tyd…
  2. aandag…
  3. geld…
  4. lag…
  5. huil…
  6. NET BORREL!!!!!!!
  7. happy…(BAIE happy)
  8. ?????

Mens kan nie regtig REGTIG ‘n mens na waarde skat nie…hoe onBybels sal dit wees. God sê self in sy woord: ver bo die waarde van edelgesteentes…pêrels…

Nou DIT…nee nié in hakies nie… laat my dink…

Hoekom sou God iets wou vergelyk met edelgesteentes?

Want:

  1. Geld se waarde het geen koers?
  2. Hierdie gesteente(s) is edel…van die hoogste klas en inbors…
  3. Daar is ‘n idioom wat lei: So hard soos klip…
  4. En steen is klip…

So?

Soooooooooooo?

Volgens my is (dit) iets wat nie gebreek kan word nie…

Iets wat getemper was/word…

Iets wat geslyp word.

Iets wat teen mekaar slyp?

Iets wat MEKAAR slyp?

Iets wat aanpas en inpas…

Iets was PAS!

Pas soos ‘n handskoen.

Gemaak vir mekaar!!!

Hoe dankbaar is ek nou?

En hier wil ek (dit) uitsonder en (dit) spesiaal maak terwyl daar (daai’s) is in my lewe. BAIE ditte! Van alle kleure en vorme en rasse en geslagte!

Ditte wat my gemaak…gevorm het na wat ek vandag is.

Ditte wat ek met onkunde dalk nie in my lewe sou wou gehad het nie, maar ditte wat sonder ditte nie kon help vorm het aan DIE nie.

Dankie aan dit en die en daai…

Ek dink ek is nogal uniek geslyp deur jou in my lewe: ek blink…ek skitter…ek skyn…

Ek is hard

Ek is (dit)

One thought on “Dit…volg…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s