Om te verhoed dat die persoon weet ek praat van (dit), gaan ek net na (dit) verwys i.p.v. hom of haar:
Nou (dit) het in my lewe ingekom…
Ongevraagd…
Ongenooit…
Maar met ‘n doel…
So amper baie jare terug…
(Dit) was aanvanklik nie (eintlik) prominent op die voorgrond nie, maar het wel met ander agenda’s in die agtergrong ge-howwer…
Om net een dag…ongevraagd…te besluit (dit) wil nie meer met verskuilde, ongevraagde agenda’s in die agtergrond howwer nie.
My hart was in daardie stadium nie veel gepla oor (dit) se besluit nie, maar ek het met tyd besef ek mis (dit) nogals bietjie…baie…
Maar ek lek niemand se gat nie en elke mens het die reg om self (dit) se paadjie te kies met (dit) se dienooreenkomstige gevolge…
Maar soos (dit) al telkemale…t.s.v. (dit) se lewens-ervaringe, al tereg genoem het: mens besef nie noodwendig dán nie…en besef nie noodwendig hóékom nie, maar daar is tog “method tot God se(menslike verwytende, bevraagtekende) madness”.
En so gebeur dit dat (dit) se paaie(tjies miskien), myne weer begin kruis…
En ek en (dit) besef albei: God werk met ‘n plan…:
Wat God bymekaar gevoeg het, kan geen mens skei nie…
…word vervolg…

Dit klink na ‘n opwindende word vervolg……
LikeLike