Piekniek(enigienand )?

Ai…

As iemand nie my sarkastiese…in die gutter…grappe vang nie…verloor ek sommer selfvertroue

Ek gaan by Cape Union Mart in…opsoek na ‘n piekniek-kombersie met ‘n ingeboude seiltjie onder-aan…(laat dit vir my ‘n les wees om my dure ene…van baie hoër gehalte…3jaar terug vir my kamp-befokte seun te gee)

Ek dink dit het gebeur nadat hy en pelle een naweek naby Ladysmith gaan kamp het…sonder NIKS…inni mirrel vanni winter…
En daar slaap hulle soos koeksusters om die vuur op die kaal grond…en Harold het net ‘n kortbroek aan!

Nodeloos om te sê: dit was só koud…en die vuur só warm…dat hulle die volgende oggend wakker geword het met BLASE gebrand al langs hulle maer-merries af…soos in DIEP brandwonde…wat wéke gevat het om gesond te word(ek vermoed die gebruik van mondelingse verdoofmiddels deur die loop van die kuier het gehelp dat hulle nie die aanvanklike pyn kon voel nie…en toe dit eers uitwerk????)

Om terug te kom by Cape Union Mart.

‘n Manlike persoon help my en verseker dat daar seil onder aan die rooi check kombersie is…
Toe hy die huiwering en ongeloof in my oë sien…ontrol hy gou een om my te wýs…10 uit 10 vir jou oorredings-verkopie Meneer!

So met die opraap vra ek toevallig wat die grootte is, maar sien terselfdertyd op die kaartjie dar dit 1.5m x 1.35m is(nogal klein sou ék sê)…

Die Bestuurder…jaaaaaaam..ek het later uitgevind dis toe al die tyd die Bestuurder…bevestig wat my oog gevang het.

En hier vra ek hom: “Do you think it is big enough(hêhende in gedagte ‘n gekarvoevel op die kombersie…ek meen…dis ál wat ek in die verlede gedoen het op piekniek-kombersies…en ja…mens kan nie ophou droom en moed opgee op jou oudag nie…)?”

En daar kom die man se eerste blaps met Ria…en hy bevestig…”Yes it will be big enough…”

En ek lig my wenkbroue…soos net ek kan…en vra: “Big enough for what?”

Ohhhhhh myyyyyyy whhoooorrrrdddd…daar dink die man ek vra groot genoeg vir my lyf…en hier begin hy hakkel(en my wenkbroue lig met elke verduideliking)…

“It will be big enough.
For a chair too…
And a cooler box…”

Ek moes omdraai en met die kombers in tou kassiere toe hol.

Ek kón my lag nié hou nie!!!!!

Daai gesig wat besef hy kry homself net nóg dieper in die kak…
(En hier het ek béslis nie ‘n stoel óf cooler box in gedagte nie…)

Toe ek later met die uitstap by hom verbystap, kon ek die stryd sien wat hy binne-in homself stry:
Die van Bestuurder wat almal moet verwelkom in sy winkel…en…
Die van selfbewuste sot wat nie weet wáár om te kyk nie…

Ek sal julle op hoogte hou met my aspirasies en my piekniek-kombersie…

One thought on “Piekniek(enigienand )?

Leave a Reply to emtee19 Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s