Bol sleutels op Kersdag


Okayyyyyy….
Ek hoop jy kan lees soos ek bedoel.

So nooi André en Esther my uit vir Kersete.
En ons maak soos verlede jaar: Esther reël die name en trekkery en ons doen ‘n Secret Santa.
Ek kry Esther…en sy vir mý by the way(alles legit…)
En ek HAAT mos winkels…
En wie wil nóú gaan inkopies doen…
Want Ria los alles mos vir nr.99
Maar ek weet!
Ek het ongebruikte kristal Whiskey glase waarna sy al lank na vry…viola…

So vat ek die dag rustig…
Té rustig!
Voor ek my kom kry is dit amper 1uur…
…en ek moet nog kyk vir iets om te drink in die yskas…
…en ek moet ‘n charger saamvat…
…en my bril in my handsak gooi…
…en…die honde moet nog kos kry!…
…en die buiteligte moet solank aangesit word…
..oh fok! Esther se geskenk…
…gryp ‘n gebruikte geskenksakkie…
…gryp bubblewrap…
…skeur dit in stukke…
…hol eetkamer toe…
(ek het al my sonbril op hoor…)
…buk en begin glase wrap en in die sak pak…

En so met die opstaan van my hurke op, sien ek iets op die hoek van die mat lê: myyyyyyy fok! Kyk waar los ek die sleutels van die skuifdeur nadat ek honde kos gegee het!
(Ek is FANATIES oor sleutels wat op hulle plek in die kassie moet hang!!!!!!)
En ek raap dit op so met die opstaan(forward slash) terughol kombuis toe…

Net
Om
Te
Besef
Dis
Peanut
Se
Bol
Kak!!!!!

Myyyyyyyy fok!!!!

Slappes!!!!

So onder my lange naels in!!!!

Maar ek gril myself in ‘n ander bloedgroep in…

Skropborsel(s) en Domestos kon my nie oortuig dat my hand en naels nou skoon is nie; het die heel middag alle versnaperinge met my linkerhand genuttig…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s