Perspektief

Ek is nie die tipe persoon wat mense op straat se slegte gewoontes ondeursteun deur ‘n geldjie hier of daar in ‘n hand te stop nie…dit klink dalk wreed, want soos my seun lank terug genoem het: “Ma dit kan dalk eendag ek of my broer wees”, maar ek is realisties om te weet 99% van daai ‘geldjie’ gaan om ‘n slegte gewoonte…verslawing…te voed – nie 3 honger kinders by die huis nie.

Ek is ‘n vrygewige geër(fok! Spel mens dit so?)
Rohalda het al genoem sy LOVE my skoene…en ek sal dit net daar uittrek en vir haar gee…(ek hoop jy dra dit Bitch!)
Esther sal ‘n potyster-seepbakkie love wat ek nou net online gekoop het…en ek sal, sonder om te huiwer, dit vir haar gee.
Gisteraand by Westville SPAR was die kassier buitengewoon pro-aktief op my en Laura se lawwigheid…en het ‘n mooi kompliment uitgedeel…en ek het net daar; my enigste R100-noot uitgehaal en gesê: “Girl…with your attitude in life…you can only be a success!”
Die blydskap en trots op dáái gesiggie: job done

Dikwels dink mense ek doen iets vir húlle…maar eintlik word EK vol deur jou reaksie en dankbaarheid…

Wel so stop ek 5 Desember, oppad terug van ‘n emosional breakdown in die Wes-Kaap…moeg en LEEG…, soos gewoonlik by Colesberg 1-Stop.
Ek love dit daar:
Alles daar is perfek…veral die diens en natuurlik die Wimpy(vir ‘n wafel met stroop en room)…
En natuurlik die petroljoggies!
Húlle ken hulle job…
Hulle weet om jou te speel…
Veral as ek vir 3 jaar amper elke maand daar stop…dan behandel hulle my amper soos verlore familie…

En my kar is ALTYD vuil, want dan het ek Heidi-hulle se grondpad al op en af gery…
EN 43km Karoo-sandpad om by Sprankeltjie en Spyker(MOENIE vrae vra nie!) uit te kom….

En die joggies was maar te fluks aan my kar terwyl ek volmaak, want hulle ken my ook nou al…
Eers is dit net die petroljoggie…dan daag nog een op en begin op ‘n ander plek was…en voor ek sien bondel ‘n swetterjoel van hulle om my kar…
En ek love om met hulle grappies te maak en hulle manier van antwoord te waardeer…

So word my kar (al)weer gewas…
So word ek alweer vertrou dat ek WEL binne sal betaal oppad terug van die Wimpy af…
So word ek alweer (on)bewustelik gewerk vir ‘n fooitjie…, maar ek speel saam, want my kar kom darem skoon!

Toe ek Wimpy toe stap, sê ek oor my skouer dat ek iets sal saambring…

Ek stap kitsbank toe, want ek dra selde kontant aan my en trek R400. Ek onthou want ek het besluit om ‘change’ te kry(vir húlle) wanneer ek vir Wimpy betaal.

So gebeur dit dat ek vir die wafel en koffie betaal en op die ingewing besluit dat die 3 honderdrand-note moet maar 6 vyftigrand-note word…(ek is seker ek het 5 manne op die ou-einde getel, en dit ís darem Christmas en ek hou van gee…)…

Daai uitdrukking op Dawid se gesig!!!!!
Toe ek leë hande by Wimpy uitstap…
En soos ek nader stap vra ek: “Nou hoeveel manne hét toe aan my kar gewas?”
En Dawid antwoord dadelik: “6 Mevrou!”
Say fucking what?
Ja…ek het dit actually hardop gesê!
En ewe kordaat wys hy die 6 uit(hoe de fok gaan ek in elk geval onthou wie al die gesigte was…)…
AL 6 premanent-werkende petroljoggies wat daar werk.
Dis ‘n saamstaan-kode van:
Almal kry iets of niemand kry niks…
En ek hét mos 6 vyftigrand-note toegevou in my hand…
En ek gló mos in tekens…

Toe ek daai 6 toegevoude note vir Dawid gee en die res sien wat hulle tebeurt geval het, gebeur dié wonderlikste ding…
…regs van my begin een man in trane uitbars…
…voor my snak ‘n ander na sy asem…
…en Dawid? Hy vat die geld, want dis altyd sý werk om te distribute…val op sy knieë voor my neer en sê: “Mevrou! Jy het nou net my grootste droom laat waar word!”
(En ek grap en terg maar tussendeur…julle ken my mos so, maar binne BREEK ek. Ek BREEK…aan die gedagte hoe groot mý klein gebaar vir húlle is…)

So draai ek weg na my geparkeerde kar toe met een of ander dubbelsinnige opmerking aan hulle(meer om my trane weg te steek…) toe ek die slag agter my hoor!

Ek ruk verward om…

Net om te sien…

Al 6 manne het op dieselfde slag hulle regtervoete op die teerblad afgestamp…om met ‘n unieke dankie-dans te begin…

Tóé spat die snot!

Ek kon hulle nie eers afneem nie…

Maar ek is daar weg met ‘n vol en dankbare hart, want persepsie is belangrik om die lewe self te kan waardeer.



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s