Naby jou…

Daar is nie ‘n plek in die hele wye wêreld…

Waar ek nader aan jou is as juis hiér nie: hier waar jy nog nóóit eers sáám met my was nie…

Hier waar ek vry en alleen langs die magtige branders kan gaan stap met net bemagtigende gedagtes en drome oor jou…

Hier waar ek die musiek in my ore kan laat blêr terwyl ek breed kan glimlag oor wat jy kwytgeraak het…

Hier waar ek letterlik op die sand kan ‘hop, skip and jump’ omdat jy…en net jy my kan happy maak…

Jy…aan wie ek nie kan raak nie…

Jy…in wie se omhelsing ek nie kan staan nie…

Jy…wie se lippe ek nie op myne kan voel nie…

Jy…met wie ek nie een in liggaam kan wees nie…

Maar tog die jy…wat my permanent laat smile met ‘n herinnering aan iets wat jy kwytgeraak het…

Maar tog die jy…wat my laat smag na naby jou wees…

Maar tog die jy…saam met wie ek al ‘n leeftyd se herinneringe…’n leeftyd se “genoeg”…’n leeftyd se verstaan…ervaar het.

Party dae wil ek wegkrummel in wanhoop, maar die meeste dae glo ek…weet ek:

Ek gaan jou intense blik weer sien.

Ek gaan jou aansteeklike lag weer hoor.

Ek gáán in jou arms staan.

Ek gáán jou lippe op myne voel.

Ons liggaam en gees gáán een word…en een bly…tot in ewigheid én daarna!

Tot dan:

Verdrink ek in jou oë.

Verstik ek aan jou lag.

Vergryp ek my aan herinneringe.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s