Lekka bydi sie…

Dis sooooooo cool om oud te word(en wees)…
Waanneer jy géén hang-ups oor jouself meer het nie…
Wanneer jy tevrede is met jou fondasie en mure…


EN!


Wanneer jy besef jy moet elke dag voluit leef


Oh ja…
En wanneer jou sopkoppie-famillie hier is en ons (enigste sonskyndag, maar die wind en sand jou gelooi het) uShaka toe gaan…


Maar dit draai toe uit: al hét jy die al hoeveel keer gedoen…
Jóú attitude bepaal sukses


En ja…
Daar stap ek wéér deur die akwarium, maar beleef dit deur húlle oë…soveel opwinding toe ons op die regte tyd op die regte plek was: die ‘stingray’s’ word gevoer…ek sien pers(giftige) monster-visse…


En ja…
Ek ry (al)weer soos ‘n mal haas op die slydes…
…’n paar keer was die slag so hard wanneer ek die water tref, dat ek nie net agter ‘n g-string gedruk word nie…?


Maar…


MAAR…


Ons gaan kyk toe dolfyne…en toe ek hoor hulle gaan iemand kies n.a.v. jou talentvole danspassies, toe dog ek…Ria jy dans al klaar…gooi dit net mooi wanneer die kamera op jou wys…


En elke keer as ek op die skerm sien ek gaan volgende opkom, dan gooi ek mielies…soos net ek kan…


En toe kom ek agter, maar daai kamera blý nou op my ge(fok!)us…


En ek DANS!


Net om deur die sopkoppies vertel te word; Tannie het kláár gewen! Hulle roep Tannie!!!!
(Wie kan onthou hoe Baby…van Dirty Dancing…so aanhou dans het(dink sy’t nog ‘n waatlemoen in haar arms gehad)…toe die musiek stop?)


Nou dit was ék!


En ek absorbeer ‘my volle 5 minutes of fame’ hoor…


En daar kon ek:
Frodo op haar rug en pens vryf,

Haar op haar snoet…soen,

Haar wys hoe om te waai…

…alles terwyl ek haar voer!!!!


En die cherrie oppi koek:
My sopkoppie-familie wat so trots is op my, dat hulle trane in die oë kry…mind jou…Hannelie huil vir enigies❤🤣

En wat leer ek die seuns net daar en dan?

Carpe Diem!!!!

Die hele dag!

ELKE dag!!!

Jy kan dalk net iets wen of gekies word vir ‘n ‘een in ‘n leeftyd’-ondervinding…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s