En so besef ek vanoggend…
ontnugtered, maar ook
gerusgesteld…:
Dit knaag al ‘n ruk aan my; dat ék dink ek is nie té onaantreklik nie…
nie té bad gebou nie…,
máár my vroulikheid kry ‘n knak omdat geen man daar buite eers in my rigting kýk nie…
En ek weet dit al rukkie,
maar ek het nie erkenning aan die wete gegee nie:
ÉK maak nie oogkontak met énige man nie,
erken nie ontvangs in hulle kyke nie,
want EK het al klaar wat ek wil hê!
Ek hét al my Superman!
Hy moet net nog klaar sy aandag aan die wêreld daar buite gee…
dan is hy myne…
en ek sýne…
Om mekaar vir altyd op mekaar se skouers te dra…
Om mekaar elke oomblik van elke dag te kiés…
Om mekaar elke dag op alle sfere te versadig…
Om mekaar se uniekgeit meer uniek te hou…
‘n Superman…wat mý gaan laat super voel!

Ek het so ‘n mistieke twietmaatjie. Nee, ek “hit” nie op haar nie, ek is ‘n man vir een vrou. Maar mens wil tog vriende beter leer ken en daai enetjie, nogal sweet & cute, is misterieus en terughoudend. Ek het al glad oor haar horinkies geblog. Nou wonder ons twee oues maar of sy ‘n kindertuinjuffrou is, sy het so ‘n sagte glimlaggie. En vonkel in die ogies. Of dalk ‘n pediater of ‘n profeet of apteker?
Hoe vind mens uit as jy nie kan oogkontak maak nie.
LikeLike