Featured

Stadsmuis vs. Plaasmuis

Ai…
So raak mens uit voeling uit…
Met BAIE goed…
…as jy dit nie gereeld doen nie.
…as jy uit voeling is met die tyd en omstandighede.
…as daar niemand is om dit op die oefen nie…


Ai…
Die lewe is wreed!
En ek WIL in voeling wees!
Ek wil dit gereeld doen!!
Ek wil op iemand oefen!!!!!!!
…dammit!!!!
Dammit
Dammit!
Dammit!!

So wissel Dillon(my baba-niggie se 8-jarige seun) ‘n tand gisteraand…
…en ek het nie eers geweet vandag se kids DOEN dit nog nie, maar die volgende oomblik word daar vir my gevra… waar hy sy skoen met sy tand in kan los…


My brein werk oortyd(want ek het 4 boerboele en 1 Jack Russell in die huis…wat DALK bloederige tande eet?)…
En (die tandmuis) ek moet ongesiends daar kan uitkom, maar…


Eers navorsing: wat is die ‘rate’ wat deesdae vir tande betaal word?

Die pa gee dadelik(via nood-WhatsApp) terugvoering: R50.00
(Ek dink hý kort geld die maand en wil by sy laaitie leen)


Ek wil-wil nog die ‘omstandighede’ voorhou om moontlike teleurstelling te voorkom:
1. Hierdie is ‘n stadsmuis: hy het standaarde! “Dink jy nie die tand is bietjie vrot van al die swiets nie?”
2. Dis ‘n klein ou tandjie: stadsmuise bou monster-agtige groot huise…hulle het gróót tande nodig!

Maar niks werk nie…

So word hom tand in hom tekkie langs my bedkassie geplaas…

En die fokkertjie WEET!!!!

Hy weet ek gaan die tandmuis wees, want hy en sy boetie lê wakker…vir fokken ewig!!!

En hou my dop deur skrefies0e

Uiteindelik kan ek oorleun en die opgevoude R50-noot in die tekkie druk…Joh! Senutergend is ‘n understatement!

En vanoggend?
Vanoggend leef ek my rol uit soos net ‘n pro-stadsmuis kan:
Ek word wakker en noem dat ek geluide in die nag gehoor het…
Hulle vra nogal: wat se geluide…????
En ek mimiek die geluid en neusbewegings van ‘n (miskien)-muis…

Dillon spring op en val selfvoldaan terug op die krismisbed voor my bed:

“Die muis het my R50 vir my tand gegee!”

En ek perform vir ‘n Oscar-toekenning van verbasing

Vra vrae…
Oeeeee en ahhhh, soos net ek kan.

Job done!

Net om te onthou: die stadsmuis het nie die fokken tand uit die skoen gehaal nie!

Julle moes die stories hoor wat ek toe (namens)opdis…

Lang storie kort…die tand gaan saam terug plaas toe: om wéér verkoop te word!

Besigheidsmanne van formaat sê ek julle…
…vandag se kinners!

Pffttt!

Leap of Faith

Omdat ek allesoorheersend

Al vir ‘n ruk weet

Smag…

Dat ek my diepste met jou met jou moet deel: ‘n diepste wat so kosbaar en edel en heilig is dat NIEMAND daarvan weet nie.

‘n Diepte wat beide van ons deel, maar die Howard in jou ketting jou vas in ‘n sinnelose etiket…

…’n etiket dat jy nie beter verdien nie…

…’n etiket dat jy nie beter kan kry nie…

…’n etiket dat jy alles wat kosbaar is gaan verloor as jy, jóú wil eerste stel…

Wat is kosbaarder as rou

opregte

egte

ware

honger

onselfsugtige

onversadigbare

LIEFDE?

Is dit reverdig teenoor jou?

My?

Ons?

Dat ons hierdie wat reg is moet onderdruk…

Dat ons mekaar ontneem van omhelsings, verklarings, woorde, lippe wat een word, liggame wat saamsmelt in ‘n ritme van net nog meer begeer…

…nog meer wil hê

…nog meer wil tas

…want dié is reg?

Was reg nog voor ons gebore is.

Ek het my eie grootste heldin geword: ek het ver buite my gemaksone, die spreekwoordelike pen opgeneem en my liefde aan jou belei; liefde waarvan ek nogsteeds nie seker is van wederkerigheid nie, maar ek besef dat as ek dit nie belei nie, ek vir ewig gesnoer en jy vir ewig onbewus sal wees.

Ek het ‘n MOERSE sprong geneem!

‘n Sprong waaroor ek tot vandag…tot in ewigheid NOOIT sal spyt wees nie.

My sekerheid oor my sprong was só versekerd…

So oorweldigend

Dat ek vóór die sprong jou al op my liggaam verewig het.

Ek het jou liefgehad nog voordat ek geweet het liefde bestaan.

Ek het nog nooit liefgehad voordat ek jóú liefgehad het nie.

Ek…en ek alleen het besluit dat hierdie liefde nie onderdruk kan word nie…

Dat dit moet uit…

Dat dit moet sigbaar word…

Dat dit moet hoorbaar word…

Dat JÝ MÓÉT weet!

En hierdie sprong het my lewe verander?

Ek het van ‘n dooie niks na ‘n lewendige ALLES verander?

Nou

Wag

Ek

Vir

Jou

Om

Te

Spring

Ek staan met ope arms

Standvastige bene

Nugter brein

Oorvol hart

En wag.

Vir jou.

Ai…jy is so só verkeerd…jou armse 5-jarige sot!!!!

“As a man danced so the drums were beaten for him…”, sê die hoogs geleerde taalkundige…

Nou vra ek jou met absolute verbasing:

“He danced to drums ?”

No my dear; he beat the drums and the people (had to) danced..

Hé was the drummer

The lead intrumentalist

The one man band.

And if you did not dance to his tune…often out of rithym…always heartless…you were literally kicked out of his band.

He drummed

We danced to his tune

Or were replaced

Die dier(e) in my

Party nagte…

Partykeer meer as minder,

en ander nagte minder as gewoonlik…

Krimp hierdie wolf binne-in my

Weg.

Weg na NIKS.

Ek wys my tande,

Maar terselfdertyd hardloop ek weg…

Die draak in my hart;

Verwerp my…

Sy is moeg.

Moeg.

Moeg.

Om keer op keer op keer op keer op keer op keer op keer op keer op keer op keer op keer op keer;

Verslaan te word.

Daar is selfs nagte wanneer die leeuwyfie;

Bewe.

En sê:

“Ek veg dit op ‘n ander dag…”

En dan wonder ek by myself: waar de hel is my Feniks?

Ek het nog altyd een gehad!

En dan…

Dan voel ek haar:

Sy sit saam met my in hierdie donker donkerte…

En sy fluister amper onhoorbaar sag:

Ons sal weer opstaan…

Met ‘n magtige wegsweping

Van alles wat sleg en lelik en donker en hartseer en onregverdig en selfsugtig en liefdeloos is.

Wag net…

Want saam IS ons

Saam leef ons ‘n leeftyd

Ons siklus sal hergroei: wedergebore word,

Want JY is nog altyd ‘n sonskynkind…

JY kan selfs die son verbrand

Jy kan ‘n nuwe lewe spruit uit as…

Beter as wie jy was.

Los my fokken “happy” uit!

Ek loop al heel oggend met ‘n gal hartseer in my rond:
Hoekom wil mense nie die son oor ander mense sien skyn nie?


En ek bedoel nie nou net wat vanoggend met my gebeur het nie…ek praat regtig in die algemeen.
Dat ek oplet hoe party mense van ander praat(dan is dit sogenaamde pêlle)…
Dat mens hatende jaloesie kan sien en voel spuug…


Vir wat?


Om wat daardeur te bereik?


Joh!


Uit jou eie lewenservaring: moet jy tog seker self weet dat mense net een kant van jou kan sien…dat menswees nie in 4DX geleef kan word nie…
Dat mens net een kant wys…en dis gewoonlik die positiewe “happy” kant…, want die lewe het jou ook nou al geleer dat mense verkies om “happy” te sien en nie régtig belangstel in jou “sad” nie.

Maar almal het sad…
Partykeer het selfs ‘n verskeidenheid van variasies van sad…in EEN groot sad saamgevat.

Hoe kan jy so selfsugtig wees en dink jou jalosie…jou vuur-spoeg… moet daardie ander persoon se voorgee-“happy” vernietig?
Want húlle verdien dit nie!
Jý wil dit hê.
Jý verdien dit…

Al werk jy nie jou gat elke dag daarvoor af nie…
Al het jy genoeg van jou eie “happy”…

Hoekom wil jy mý “happy”…mý mooi(wat ek hard mee sukkel om voor te hou…)…sommer nét so…
Blus…
Verbrand…
Verdrink…
Verwurg…
Afskiet…

Jou fokken bliksem!

Mag jou negatiewe reaksies jou net nog meer jaloers laat voel; want jý voel die wêreld skuld jou ALLES…al doen jy fuckall!!!

Sit net op jou gat en wag om bedien te word.

Nou is jy jaloers op mý bietjie “happy”?

Kom ek sê jou wat.

Vat mý “happy” en ek vat joune…en laat ons sien hoe vinnig jy my “happy” sal wil teruggee.

Ek pla jou nie…

Let me be.

Please

Kots

Ek het soooooo baie hartseer….

Wrok ….

Kwaad….

Onreg…

….wat ek wil uitkots op papier…

Die enigste medium wat nie veroordeel nie?

Maar moet ek dit nog erkenning gee aan kots…

…aan suur…

…aan stank…

…aan VUIL!!!!

in my lewe?

Kan ‘n moerse wond… gat …

Toegepleister word met

mooi….

en happy…

en lag?

Hoe KRY ek die haat uit my lewe?

Hoe kry ek dit weg! NET WEG!!!!!!!!!

Ek wil nie meer daaraan dink nie.

Ek wil nie he dit moet nog ‘n herinnering wees nie!

Ek wil nie kwaad word nie!

Ek wil nie seerkry nie!

Ek wil nie hartseer wees nie!

Vat dit weg

WEG!!!!!!

Maar dis net ek wat dit kan weg

Hoe weg ek dit?

Weg vir ALTYD?

Ek wil nie meer naar word nie…

EK WIL NIE KOTS NIE!!!!

Ek wil nie huil nie…

…in my hart net ‘n bondeltjie seer wees nie…